Van institusioneel na missionaal
Hoe daar oor die kerk gedink word, wat die rol van lidmate is, hoe ‘n mens dink oor leierskap, wat die rol van die predikant is, bepaal in ‘n groot mate hoe ‘n mens dink oor ondersteuningstrukture en sisteme in die kerk. Die werklikheid van klein en kleinerwordende gemeentes en die bediening op die platteland noop die kerk om nuut te besin oor die bediening in gemeentes. Gemeentes moet gehelp word om binne ’n nuwe bedieningsparadigma te funksioneer, waarin daar nuut gedink moet word oor kerkbegrip en bediening in gemeentes. Die skuif wat gemaak moet word, is weg van die tradisionele geïnstitusionaliseerde kerk na ‘n missionêre (verhoudingsgedrewe) kerk.
Institusionele Kerk(vasgeval in tradisie) |
Missionêre kerk(verhoudingsgedrewe) |
| Kerk in sentrumMeerderheidSetlaars (gearriveerdes)Een gemeenskap
Lidmate se behoeftes bepaal agenda Almal glo eenders en leef eenders Duidelike grense
Programme staan voorop Kontrole en beheer – Kerkorde belangrik Teologiese gesprek: Wie is reg/verkeerd? Wie is in/uit? Styl van vergaderings: Debat Toelating tot geloofsgemeenskap: Bekering
Verkondig: Regte dogma Fokus: Instandhouding |
Kerk op rand van samelewingMinderheidReisigersGemeenskap tussen baie ander
Gemeenskap se behoeftes bepaal agenda Diversiteit word omhels Geen grense – tog duidelike kern van navolgers Prosesse staan voorop Kreatiwiteit – Verhoudings belangrik Teologiese gesprek: Waar is die lewende Jesus teenwoordig. Styl van vergaderings: Geloofsonderskeidend Toelating tot geloofsgemeenskap: Onvoorwaardelik Verkondig: Christus Fokus: Sending en gestuurtheid |
|
Denke oor verandering |
|
| Traag om aan te pas by veranderingGroot veranderinge veroorsaak krisis
Tradisies word gehandhaaf – Leef vanuit verlede Instandhouding van strukture (geboue, kerkverband) Rolle vasgestel, volg gebaande weë Gesagsfigure (patriarge/matriarge) hou alles in plek Kenmerk: Vasgelooptheid
Bewerk verandering deur strategiese beplanning: Verander strukture Die werklikheid – die oplossing van die probleem bepaal ons agenda
Strategiese beplanning poog om al die aktiwiteite, hulpbronne en energie te rig op ‘n gedeelde visie en duidelike doelwitte. |
Omhels verandering en reageer op ‘n teologies gefundeerde manier daaropBesef en weet dis nie ’n ramp wat tref nie, maar ongelooflike geleenthede en uitdagings wat oopgaan!Kreatiewe aanpak van die toekoms met die wete dat die lewende God self met sy kerk op weg die toekoms in.Die verandering van mense en instellings deur betekenisvolle verhoudings om aan te sluit by God se sending in die wêreld.
Elkeen leef unieke gawes uit Gedeelde leierskap
Sien energiepunte van hierdie tyd raak en begin ontgin dit in vertroue op en gehoorsaamheid aan die Here.
Werk met kultuurverandering
Verander kultuur (waardes) Kultuurverandering gaan oor die skep van ‘n ruimte waarin kern van die gesprek handel oor God en sy wil. Hy bepaal ons fokus/agenda. Die werklikheid is dat die soort kultuurverandering wat missionêre transformasie kenmerk, nie-liniêr, onvoorspelbaar en chaoties is.
|
|
Identiteitsvorming |
|
| Identiteit word afgeforseer van bo na onder (Manuel Castells- legitimizing identity formation).Die sinode, ring of kerkraad (magstruktuur) bepaal deur Kerkorde en dogmatiese besluite die leer en lewe van die gemeente | Identiteit word gevorm onder leiding van die Woord en Gees in gemeenskap met mekaar (Manuel Castells – project identity formation)Die wil van God vir sy koninkryk binne die konteks waarin ons leef staan voorop. |
|
Leierskap |
|
| Klem op besondere ampteHierargiese leierskapPredikant neem sterk leidingVerkose leiers vir bepaalde termyn, wat soms nie oor gawes beskik om werk te doen
Beperkte ampte (predikant, ouderling, diaken) Een gemeente – een leraarspos wat net in die gemeente werksaam is |
Amp van die gelowiges staan vooropLeiers is dienaarsGedeelde leierskapGeroepe leiers wat hulle gawes uitleef en sy lewe wy aan ‘n bepaalde roeping.
Maak voorsiening van meer ampte Die predikant het rol ten opsigte van die gemeenskap |
|
Rol van die predikant Skep ‘n Omgewing wat mense aanmoedig om saam God se toekoms te ontdek |
|
| Predikant moet by elke geleentheid teenwoordig wees anders is die geleentheid nie belangrik niePredikante versorg lidmate pastoraalLeraar gee oplossings
Leraar is die “General Practisioner) ”Moet alles kan doen en die wendrie druk
Vermy konflik en spanning Bestuurder van bedieninge
|
Predikante is afrigters en mentors van lidmate – lidmate se betrokkenheid bepaal belangrikheidPredikante rus lidmate toe – onderlinge versorging vind plaasLeraar vra vrae wat verbeelding stimuleer en kreatiwiteit bevorder sodat lidmate se gawes tereg kan komSkep positiewe omstandighede waarin lidmate hulle gawes ontdek en in die gemeenskap betrokke raak
Fasiliteer spanning Geestelike leier |
|
Ondersteuningsisteme |
|
|
Teologiese opleiding en bediening |
|
| Fokus op akademiese opleidingBediening geskied deur goed teologies opgeleide predikante | Fokus op praktykopleidingHeropleiding en voortgesette opleiding word toenemend meer belangrikVoorsiening word gemaak vir opleiding van lidmate in gespesialiseerde bedieningeBediening deur lidmate onder mentorskap van goed opgeleide teoloë
|
|
Finansies |
|
| Finansies word hoofsaaklik gebruik om predikantspos en geboue te onderhouGemeentes neem predikante in diens | Gemeentes deel die predikant (vennootskappe) en wend geld aan vir koninkrykswerkRinge en sinodes neem predikante in diens en skep die nodige kapasiteit om gemeentes deur kritieke tye te begelei |
|
Rol van Algemene Sinode, Sinode en ringe |
|
| Kerkorde word vasgestel en beheer word toegepasDogmatiese besluite word geneemDebatvoering
Gebrekkige verhoudings – Wantroue Samekoms van gemeentes om teologiese sake van gemeenskaplike belang te debatteer. |
Word ruimte waar nuwe waardes gevorm word en ingeoefen wordWord ruimte waar verhale van hoop met mekaar gedeel wordGeloofsonderskeidende vergaderingsKultuur van vertroue word gevestig
Klem op diens aan gemeentes – begeleiding van gemeentes Skep netwerke waar kennis, vaardighede en bronne met mekaar gedeel word. |
|
Begeleiding en versorging |
|
| Predikante word begelei en versorg | Versorging en begeleiding van leierskap en persone wat verantwoordelikheid neem vir bediening. |
|
Kommunikasie |
|
| Formele – Top-down kommunikasieStadige kommunikasie deur gedrukte media | Informele kommunikasie netwerkeVinnige elektroniese kommunikasie soos SMS, e-pos, twitter en facebook |
Belangrike beginsels vir ondersteuningsisteme en netwerke
1 Ondersteuningstrukture en netwerke word gevorm vanuit die die Nuwe Testamentiese insigte en beskrywing van koinonia. Onserlinge sorg vir mekaar, liefde vir mekaar, ondersteuning van mekaar… kan alleen gestalte kry binne verhoudings waarin ons mekaar beter leer ken, mekaar respekteer en ons oor grense heen na mekaar uitreik. Die vertel van ons stories – die verhaal van gemeentes help ons om ons eie identiteit te ontdek maar ook mekaar beter te leer ken.
2 Die vorming ondersteuningstrukture en -netwrerk vloei voort vanuit ‘n proses van geloofsonderskeiding en verdiepte spiritualiteit. Ons besig wees met die Skrif breek grense af en skep openheid. Die omgekeerde is ook waar. Die proses van geloofsonderskeiding word voltooi wanneer persoonlike insigte, gedeelde insigte word.
3 Leierskap verskuif van die een wat beheer en bestuur na die een wat saamwerk en samewerking bewerk. Leierskap beskik oor die vermoë om mense oor grense heen aan mekaar te verbind. Leiers het verhoudings-intelligensie (RI) (Steve Saccone)
4 Ons klem op verhoudings gaan uit van die belangrike beginsel dat ons mekaar nodig het – ons antwoorde op probleme nie lê by die indiwidu nie, maar in ons saamdink en saamworstel voor die aangesig van die Here.
Die verslag oor leierskap wat voor die Reformed Ecumenical Council gedien het, praat van “shared leadership” en omskryf dit as volg: “Leadership is no longer a lone-ranger function. The world, society, organizations, and the changes we are experiencing are just too complex. The problems we face are too complex to be managed by one person. We require more than one brain to solve them.” (REC 2005:326)
Sam Kobia, Algemene sekretaris van die Wêreldraad van Kerke: “If you want to walk fast, walk alone. If you want to go far, walk together”.
Die pad vorentoe
Ons sal ons moet afvra, hoe maak ons die skuif om kleingemeentes te help verstaan dat hulle lewenskragtig kan wees en ’n waardevolle bydra het om te lewer in die gemeenskap waarbinne God hulle geplaas het?
Die bou van verhoudings is noodsaaklik om hierdie skuif te maak. Daar sal oor grense beweeg moet word om dit te doen. ’n Sleutel wat ons tot ons beskikking het, is om te luister na gemeentes se verhale wat al die skuif gemaak het en om by hulle te leer. Hieruit kan ons “best practices” aflei en daarvan gebruik maak om ander gemeentes deur die proses te help.
Met die eerste aanhoor van verhale van gemeentes blyk dat een van die belangriker storielyne wat aan die ontplooi is, die van verhoudings en die waarde van verhoudings is. Met eerste oogopslag blyk dit dat waar gesonde verhoudings is, mense mekaar vertrou met die toekoms van die gemeente en ook bereid is om oor moeilike grense te gaan om dit te laat werk. Uit die verhale word dit ook al meer duidelik dat dat hierdie onderlinge verhoudings bepalend is vir die waardes waarop ooreengekom word in bepaling van die speelveld en spelpatroon vir die toekoms. Hieruit volg dan ’n nuwe definisie van rolle in die gemeente en gemeenskap. Sodra hierdie rolle gedefinieer is, raak die gemeente ook meer gewillig om grense in die gemeenskap oor te steek en betrokke te raak netwerke in die gemeenskap.
Vanuit hierdie tentatiewe opmerking sal ons moet nadink oor hoe ons dan gemeentes help om die skuiwe te maak wat nodig is vir hul oorlewing. Daar sal veral aandag geskenk moet word aan die bou van kapasiteit. Hierdie bou van kapasiteit sluit sake in soos netwerkvorming, gawebediening, ontwikkeling van ’n nuwe verstaan die taak en rol van die predikant, kerkraad en lidmate. Indien die Algemene Sinode ’n wesenlike bydra tot hierdie saak kan maak sal die die toekoms van die kerk op die platteland en in stede waar gemeentes net soveel meer help.
Dit is belangrik om daarop te let dat gemeentes nie gedwing kan word om die skuif te maak nie. Uit die verhale is dit duidelik dat gemeentes nie noodwendig pro-aktief oor die toekoms dink nie. Baie gemeentes is so vasgevang in ’n poging om te oorleef dat hulle nie verder kyk nie. Dit is eers wanneer gemeentes ’n nulpunt bereik dat die kerkraad en die lidmate oop is vir hulp. Hier sal dit dalk sinvol wees om persone in streeksinodes af te sonder om met gemeentes wat finansieel swaarkry om te oorleef op weg te gaan en in ’n gees van liefde saam met die gemeente te begin reis om antwoorde op die krisis te soek.
Trackback from your site.

Comments (1)
Leesstof oor Missionale Gemeentes « Blog vir die NG Sinode in KwaZulu-Natal
| #
[...] Mouton, Danie. Van institusioneel na missionaal. http://kleingemeentes.co.za/missionaal/van-institusioneel-na-missionaal-2/ [...]
Reply